Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

Visie

Dit is die VCSV se visie om ’n nuwe generasie na ’n nuwe lewenstyl in Christus te begelei.

 

Missiestelling

Die VCSV bestaan as deel van die liggaam van Christus om God te verheerlik en in die krag van die Heilige Gees

  • nuwe leierskap te ontwikkel wat die samelewing beïnvloed deur dienend Christelike leierskapswaardes uit te leef in mentorverhoudings;
  • ’n nuwe generasie te bou wat aktief streef na versoening in Christus en wedersydse begrip binne die realiteit van ons diverse samelewing;
  • nuwe lewe te bring deur die evangelie van Christus te deel, jongmense te begelei tot geloofskeuses en sy dissipels te koester;
  • ’n nuwe kultuur te vestig deur die Koninkryk van God te laat kom in die harte en lewens van dié wat saam met ons reis op die lewenspad.

 

Om dit te doen skep die VCSV lewensveranderende ervarings vir jongmense deur ’n verskeidenheid programme en projekte.Ons wil dit bereik met die ondersteuning van:

Strategiese, visioenêre en professionele bestuur;

Toegewyde, opgeleide en gemotiveerde personeel;

Funksionele en koste-effektiewe fasiliteite;

Doelmatige finansiële en fondsontwikkelingstrategieë.

Maintained by Play Productions
Monday the 22nd. . Joomla 3.0 Template.