Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

Ligging

Op die R513 tussen Pretoria-Noord en Brits, GPS S25 40.393   E27 58.008

 

Kom geniet die stilte en vrede van die Bosveld by Die Hoekie in die Magaliesberg naby Pretoria. Die Hoekie is ’n buitelugsentrum en kampterrein teen bekostigbare pryse.

 

Visie en diens

Ons passie is al die jongmense van Suid-Afrika en ons doel is om gemeenskappe, skole, kerke en jeugorganisasies te dien deur hulle te help om jongmense toe te rus om hulle potensiaal te bereik. Ons volg ’n verhoudingsgerigte benadering (kleingroepe) en glo in eksperimentele leer.

 

Hier by Die Hoekie doen ons goed opgeleide personeel meer as ’n werk – hulle leef hul roeping uit. Ons programme word aangepas by jou behoeftes en is almal gebaseer op Christelike waardes.

 

Ons bied die volgende dienste aan:

identifisering en ontwikkeling van leiers

opleiding vir Verteenwoordigende Rade van Leerders (VRL’s)

opleiding in lewensvaardighede

spanbou, kommunikasie, probleemoplossing, konflikhantering

Extreme Life-programme.

Alhoewel ons verkies om hierdie aktiwiteite by Die Hoekie aan te bied, kan ons dit ook op ander terreine doen.

 

Aktiwiteite sluit in:

daglange staptogte

lae toubane

swem

vlugbal

buitelug-ervarings.

Opsies

 

Indien jy by Die Hoekie wil kom kamp, is daar verskillende opsies:

1. Jy bring jou groep, en Die Hoekie se personeel is verantwoordelik vir die program en spyseniering. Die program en spyseniering kan aangepas word by jou behoeftes.

2. Jy bring jou groep, gebruik Die Hoekie se fasiliteite en spysenieringsdiens, en bied jou eie program aan.

3. Jy bring jou groep, gebruik Die Hoekie se fasiliteite, doen self spyseniering en bied jou eie program aan.

 

Elke opsie het sy eie tariewe. Doen gerus navraag oor die opsies en die aktiwiteite wat ons aanbied.

 

Fasiliteite

Daar is twee kampterreine wat onderskeidelik 120 en 80 mense kan akkommodeer. Elke terrein het sy eie saal, toegeruste kombuis en swembad. Daar is ook braai-areas, vlugbalbane en ’n snoepwinkel.

 

 

Kampterrein A                                                   Kampterrein B

Akkommodasie vir 120 mense                            Akkommodasie vir 80 mense

Minimum 60 mense                                            Minimum 30 mense

 

Tariewe vanaf 1 Januarie 2013:

 

Leerders en volwassenes, alle groepe:
Akkommodasie R105 pppn

 

Laerskool VCSV-kampe en Avontuurkampe deur VCSV-personeel self gereël:
Akkommodasie R75 pppn

 

Enige ander kamp (leiers of Christelik) deur skole met VCSV-takke:
Akkommodasie R95.00 pppd
Opleiding R90.00 pppd (09:00 – 16:00)
Opleidings of rekreasie aandprogram R20.00 pppd

 

Dagtarief: R65 pp

 

Deposito: R4 400

 

Minimum:
- Terrein A: 60 persone
- Terrein B: 30 persone

 

Saal:
R530 pd plus ingang dagtarief
Minimum 30 persone
Met klank en projektor R1 580 pd

 

Kombuis:
R580 pd (A of B terrein)

 

Mauritius (Klein) Lapa:
R300 pd plus ingang dagtarief
Minimum en maksimum 20 persone

 

Upper Room (Groot) Lapa:
R550 pd plus ingang dagtarief
Minimum 30 persone (maksimum 40p)

 

Tentkamp:
Deel ablusiegeriewe. Bos kombuis word voorsien R85 pppn, VCSV-takke R75 pppn
Karavaan (deel ablusie geriewe) R105 pppn

 

Midweekkampe:
(geakkrediteerde opleidingsprogramme uitgesluit)

 

Laerskool VCSV-kampe en Avontuurkampe deur VCSV-personeel self gereël:
R70 pppn

 

Spyseniering kinders:
Ontbyt: R40 pp
Middagete: R40 pp
Aandete: R40 pp

 

Spyseniering studente- en volwasse-kampe:
Ontbyt: R48 pp
Middagete: R48 pp
Aandete: R48 pp

 

Wintertariewe -20% (uitgesluit ander afslag)
(geakrediteerde opleidings programme uitgesluit)

 

Toubaan gekombineerde fasilitering – Pakket prys
Dagprogram 09:00-15:00

Korporatief: R5 000 - max 15 persone – Middagete & 2 teetye .
Tersiër: R2 500 - max 15 persone – Middagete & 2 teetye .
Hoërskole: R2 000 - max 15 persone – Middagete & 2 teetye.
Laerskole: R1 500.00 - max 15 persone – Middagete & 2 tee tye.

 

Kontak: Elsanette Grobler

Tel: 012 504 2072 / 079 515 2744
Faks: 086 615 7680
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Maintained by Play Productions
Monday the 16th. . Joomla 3.0 Template.