Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

Articles

 

Borg ’n kind vir ’n kamp

Kampe bied vir ons ’n effektiewe manier om by kinders se harte uit te kom want ons glo dat Christus die kinders se lewens aanraak en verander deur die ervarings wat op kampe geskep word.

Ons bied die volgende kampe aan:

  • Kringleierskampe
  • Leierskapkampe
  • Graad 7-skoolverwisselingskampe
  • Vakansiekampe
  • Takkampe
  • Spanbou
  • Avontuurkampe
  • Nasionalekamp

Ons vra u om een kind te help om ’n kamp by te woon. Baie kinders wil baie graag gaan, maar het nie die finansiële vermoëns nie. Deur een kind vir ’n week te help, kan u ’n lewe verander, wat ’n rimpel-effek kan hê en ’n gesin, ’n skool en selfs ’n gemeenskap kan verander.

 

Om 'n kind te borg, volg net die volgende drie stappe:

 

Stap 1: Kies die provinsie waarut die kiders moet kom wat jy wil ondersteun om te kamp  - Wes-Kaap Oos-Kaap, Noord-Kaap, Vrystaat, Noordelike Gebied (Gauteng, Mpumalanga, Noord-Wes en Limpopo) of borg 'n kind vir die Nasionalekamp

Stap 2: Vul die donateursvorm in.

Stap 3: Stuur die vorm met die betalingsbesonderhede aan Nadine Arendse (besonderhede op vorm) of maak 'n direkte betaling

 

Borg ’n diensjaarstudent

Die VCSV bied die geleentheid aan jongmense om vir ’n jaar van hul lewe voltyds vir die Here te werk. Gedurende hierdie jaar begelei ons hulle om ’n verskil te maak in ons stukkende wêreld, om letterlik die hande en voete te wees wat ’n verskil maak. Lees meer oor Diensjaar.

Ons wil u uitnooi om saam met ons by hierdie projek betrokke te raak. Baie jongmense wil graag betrokke raak om ’n verskil aan die nood van die wêreld te maak, maar het nie die nodige finansies nie.

Die koste van hierdie jeug-tot-jeug-bediening beloop ongeveer R46 500 per spanlid per jaar. Die geld word gebruik om hulle lewenskostes te dek, byvoorbeeld vir paaiemente op die voertuie en klanktoerusting; brandstof, versekering en instandhouding van die voertuie; verblyf en etes; opleidingsmateriaal; spandrag en administratiewe kostes. 

 

Skenkings aan hierdie projek is aftrekbaar van inkomstebelasting. Klik hier vir meer inligting hieroor. 

Sonder u voorbidding en finansiële ondersteuning is projekte soos hierdie onmoontlik.Baie dankie vir u ondersteuning.

 

Om 'n student te borg, volg net die volgende twee stappe:

Stap 1: Vul die donateursvorm in.

Stap 2:  Stuur die vorm met die betalingsbesonderhede aan Carla Swanepoel (besonderhede op vorm) of maak 'n direkte betaling.

 

Borg ’n vakansiediensstudent

Vakansiedienste is ’n uireik-aksie wat al vir meer as 110 jaar deel uitmaak van die studentebediening van die VCSV. 

Daar word jaarliks in Desember ongeveer 20 spanne met tussen 12 tot 25 toegeruste studente na verskillende vakansieoorde regoor Suid- Afrika en Namibië gestuur, met die doel om mense van alle ouderdomme op ’n relevante, eietydse wyse met die evangelie van Jesus Christus te bedien.

Ons wil u uitnooi om saam met ons by hierdie projek betrokke te raak. Baie jongmense wil graag betrokke raak om ’n verskil aan die nood van die wêreld te maak, maar het nie die nodige finansies nie.

Elkeen van die studente van hierdie spanne moet ’n bedrag betaal om hulle verblyf, vervoer, en etes te dek. Hierdie bedrag wissel tussen R700 – R3000, afhangend van die grootte van die span en die oord waarheen hulle gestuur word.  

Sonder u voorbidding en finansiële ondersteuning is projekte soos hierdie onmoontlik.Baie dankie vir u ondersteuning.

 

Om 'n student te borg, volg net die volgende drie stappe:

Step 1: Kies die span wie se studente u wil ondersteun. 

Step 2: Vul die donateursvorm in.

Step 3: Stuur die vorm met die betalingsbesonderhede aan Carla Swanepoel(besonderhede op vorm) of maak 'n direkte betaling.

 

 

 

Maintained by Play Productions
Wednesday the 25th. . Joomla 3.0 Template.