Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

Articles

‘n Leierskapsgeleentheid van ‘n leeftyd

 

Opkomende Leierskap vir skole - Suid-Afrika

 

Die VCSV (www.vcsv.co.za) en Opkomende Leiers (www.emerging-leaders.net) gaan in ‘n vennootskap om ‘n innoverende leierskapprogram te ontwikkel wat daarop gerig is om 100,000 kinders in Suid-Afrika te bereik deur die ontwikkeling van leierskap in 2016.

 

Sonder goeie leierskap is daar geen volhoubare verandering nie en om die toekoms van ‘n nasie te skep moet ons belê in die leierskappotensiaal van die jeug van ons land.

 

Hier is vir jou ‘n geleentheid om een van vyf jeugleiers te wees om hierdie projek te dryf. Die span sal gebaseer wees in Kaapstad in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die program duur vanaf 1 Februarie tot 18 November 2016.

 

Wat sal jy leer?

 

  • Ontwikkel jou persoonlike leierskap 
  • Ontwikkel jou vermoë om spanne te lei 
  • Ontwerp en verskaf van transformerende leierskapprogramme aan skoolgaande kinders 
  • Ontwikkel die vermoë om die jeug van Suid-Afrika te inspireer en op te voed 
  • Leer hoe om die hart en karakter van ‘n leier te ontwikkel 
  • Vervulling van jou leierskapspotensiaal 
  • Leer om te dink soos ‘n leier 
  • Leer hoe om jou entrepeneurskap te ontwikkel 
  • Leer hoe om leierskaps-effektiwiteit te monitor en evalueer

 

Wat sal jy ontvang?

 

  • Ontvang wêreldklas leierskapsontwikkeling 
  • Kry ‘n internasionale 1:1 leierskapsmentor vir die jaar 
  • Ontvang gereelde leierskapondersteuning en groepmentorskap

 

Wat gaan jy doen?

 

  • Ontwikkel ’n spesifieke leierskapsprogram in 100 skole waardeer 100,00 teerders binnen 10 maande bereik gaan word.
  • Deel wees van ’n gedeelde naweek-lezerskamp aan skoolkinders

 

Wie moet aansoek doen? 

 

  • Jongmense tussen die ouderdomme van 18-25
  • Individue met ‘n passie vir Christelike jeugbediening 
  • Persone wat alreeds leierskapsrolle en die verantwoordelikheid wat daarmee   gepaard gaan vervul en ook leierskappotensiaal toon.

Wat sal die koste per persoon beloop? 

 

  • Die gesubsideerde koste vir die jaarprogram beloop R55 000. 
  • Dit sluit in: Opleiding en alle verwante materiaal, mentorskap en afrigtingssessies,verblyf, etes en vervoer vir alle ander verwante aktiwiteite Indien jy aanvaar word vir die program is ‘n deposito van R7000 betaalbaar om jou plek te verseker.
  • Die balans kan teen die einde van Januarie 2016 betaal word of in 6 maandelijkse  paaiemente van R8000 elk van Januarie tot einde Julie 2016.

 

Hoe doen jy aansoek om deel te raak van hierdie lewensveranderende

ervaring?

 

  • Skryf in nie meer as 200 woorde hoekom jy oorweeg moet word vir hierdie opwindende geleentheid 
  • Stuur jou motiveringsdokument aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. om haar voor of op die  9de
  • Desember 2015 om 16h00 te bereik.
  • Ons sal ‘n formele aansoekvorm aan jou stuur om te voltooi.

 

 

Maintained by Play Productions
Tuesday the 19th. . Joomla 3.0 Template.