Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

 Sluit aan by die Noordelike Gebied se span

 

Die uitdaging

Die VCSV familie in die Noordelike Gebied nooi jou uit na ’n opwindende tyd van geestelike en persoonlike groei, avontuur, kampe, uitreike, pret, reis en uitdagings. Terselfdertyd dien jy die Here Jesus Christus, bou jy verhoudings met ander jongmense wat, soos jy, die Here liefhet en graag kamp en uitreik na ander mense wat stukkend en seer is.

 

Jou opsies

·         Word ’n vrywilliger wat oor naweke, in die week of in die vakansie kom help. Ons sal jou oplei vir jou taak!

·         Kom voltyds vir ’n jaar of meer. Jy word baie goed opgelei! Dit sal jou lewe verander en jy sal nooit weer dieselfde wees nie!

 

Vrywilligers

VCSV bied geleenthede waar jong volwassenes hul passie vir die Here en vir sy koninkryk en hul roeping kan uitleef deur jongmense te help op hul geloofspad. Hulle word terselfdertyd as jeugleiers opgelei.

 

Ons glo dat die energie wat so loskom, kerke en skole kan baat. God het ’n plan vir elkeen en Hy wil graag sien dat ons ons potensiaal bereik en die hele liggaam dien.

 

Miskien het die Here jou aangeraak by Winklespruit of by Die Hoekie, en wil jy graag iets van jou ervaring teruggee aan ander jongmense. Miskien weet jy nie eers wat Winklespruit of Die Hoekie is nie, maar wil graag uitreik na jongmense in nood. Miskien is jy lief vir avontuur en wil jy dit graag gebruik om jongmense vir die Here te wen.  Komaan, maak plan!

 

Dan is ons vrywilligerprogram net die ding vir jou. Jy sal kans kry om by die kampe uit te reik na jongmense en kinders, jy sal praktiese vaardighede opdoen en geestelik verryk word, en jou leierskapspotensiaal sal ontwikkel word. Ons volg ’n verhoudingsgerigte benadering, en daarom groei die span terwyl hulle na jongmense en kinders uitreik. Al ons opleiding is waarde-gebaseerd en vind plaas in ’n multikuturele konteks – ons geniet die diversiteit wat Suid-Afrika bied.

 

Wat word van jou verwag?

·         Om as vrywilliger te registreer

·         Om opleidingsgeleenthede en een of meer kampe by te woon

·         Om volgens die riglyne van die VCSV op te tree

·         Om te dien, en om gehoorsaam te wees.

 

Wat ons doen

Ons hou naweek- en weekkampe met laer- en hoërskoolleerders. As ons nie kamp nie, ontwikkel ons die fasiliteite by die terrein, besoek skole en doen opleiding in verskillende aspekte van buitelug- en Christenkampe.

·         Ons hou van kamp: van avontuurkampe tot laerskool-, Winklespruit- en lewensoriënteringkampe.

·         Ons hou van kamp!

·         Ons besoek skole, soms vir een dag, soms langer.

·         Ons wil jou leer om God bo alles lief te hê.

·         Ons help jou om jouself te vind.

·         Ons leer van ander kulture en veral Afrika!

·         Ons bied geleenthede om opgelei te word in avontuurbediening deur CAMnet en SATS BTh, Christian Counselling and Ministry (SA Theological Seminary)

·         Aktiwiteite

·         Rotsklim en abseil

·         Sportklim op Maximus, ons klimmuur met ’n oorhang

·         Beleg (belaying)

·         Verfbal (paintball)

·         Staptogte in die Magaliesberge agter Die Hoekie

·         Wildernistogte oor naweke en in vakansies

·         Oorlewingsuitdagings en avontuurwedlope vir kinders

·         Lae toubaankursusse, groepinisiatief- en spanbousessies vir groepe

·         Fasiliteer leieridentifiseringsprogramme

·         Opleiding in hoë en lae toubane

·         Wateraktiwiteite

·         Natuurbewaring

·         Somerkampe en opleiding in jeugwerk in die VSA

 

Wat studente sê

“Ek het na Die Hoekie toe gekom nadat ek Tweety ontmoet het. Ek het gesien dat hy regtig ’n verhouding met die Here het, en ek wou dit ook hê. My lewe het dramaties verander sedert ek by Die Hoekie aangesluit het. Ek het Jesus ontmoet, en Hy het my vriend geword en God my Vader. Ek weet Hy het ’n plan met my lewe. Ek het ontdek wie ek is, en Hy het my ’n passie vir verlorenes en hulpeloses gegee. Ek wil my lewe aan God toewy en mense in nood dien” – Braam (Hoekie-span van 2005).

 

“God het so baie vir my gedoen terwyl ek by Die Hoekie was, maar ek dink die grootste daarvan was om vir my te wys wat my identiteit in Christus is, en hoe Hy my as vrou geskape het, dat Hy my mooi geskep het” – Amanda (Hoekie-span van 2003).

 

“Die jaar vantevore was ek baie eensaam en die ervaring van familie-wees by Die Hoekie was baie spesiaal vir my. Die Here het sy deernis en sorg aan my gewys, en Hy help my om die dinge uit te sorteer wat ek moet uitsorteer” – Katie (Hoekie-span van 2007).

 

Hoe om aansoek te doen

As jy besig is met matriek, as jy die Here liefhet, as jy kinders liefhet en graag kamp, kontak ons asseblief! Dit is ’n groot besluit, en daarom moet jy bid dat die Here jou sal lei in wat jy moet doen. Ons sien daarna uit om grense saam met jou te verskuif!

 

Registreer sommer nou as vrywilliger vir ons Laerskoolkampe.

Of as vrywillige personeellid vir ons Laerskoolkampe.

Of as vrywillige personeellid vir ons Winklespruit Hoërskoolkampe.

 

As jy vrae het, kan jy ons gerus kontak

Elsanette: 0795152744 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of vir
Sharon: 0
834786301 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Sodra ons jou kontakbesonderhede het, kan die proses om aansoek te doen, begin.

Maintained by Play Productions
Friday the 16th. . Joomla 3.0 Template.