Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

 

Hart van ons kampbediening

Elke kamp is ’n geleentheid om iemand te beïnvloed.

Kampe gebeur op verskillende tye en plekke, met verskillende kinders en programme. Die eerste ding wat in plek moet val, is die boodskap wat van God af kom, en daarom word ons programme op God se Woord gebou.

Effektief

Ons wil gereed en beskikbaar wees om diens van hoë gehalte te lewer.

Ons wissel programme en aktiewiteite gereeld af sodat kampers altyd iets nuuts beleef, of hulle nou vir die tweede of derde keer kom.

Toerus en bemagtig

Kom met ’n verwagting; God sal die res doen.

Ons bediening verander gedurig omdat ons met mense werk. Verandering is goed as almal saamgaan, en daarom wil ons almal wat betrokke is van die nodige intellektuele, geestelike en emosionele hulpbronne voorsien sodat hulle verandering kan hanteer en implementeer wanneer dit oor hulle pad kom. Ons wil mense toerus en bemagtig vir ’n spesifieke taak en roeping

Aangesien kampe een van ons hoof-fokusse is, streef ons na kwaliteit en variasie. Bestudeer die lys, maak jou keuse en skakel die kontakpersoon vir meer inligting.

Takkampe (dwarsdeur die jaar op verskillende plekke)

Vakansiekampe (gedurende die April- en September-skoolvakansie by Jeffreysbaai)

Gr 1-2 Kampe (September by Jeffreysbaai)

Gr 3-4 Kampe (April en Augustus by Jeffreysbaai)

Gr 5-6 Kampe (Maart en Julie by Jeffreysbaai)

Gr 7 Kampe (Februarie en Oktober by Jeffreysbaai) 

Kringleierseminare (Januarie en Oktober by verskillende plekke) 

 

Vir meer inligting:

Vir Hoërskool- en Laerskoolkamoe kontak:

 Matthys Cronje 072 196 8437, This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Vir Admin en besprekings kontak:

Bev Petersen 042 293 1038, This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Word 'n vrywilliger.

 

 

Maintained by Play Productions
Monday the 22nd. . Joomla 3.0 Template.