Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

 

Ons vrywilligers kom van regoor die Ooskaap en selfs soms van regoor die wêreld af. 

 

As jy passievol is oor die Here en oor kampe, sal ons jou graag wil gebruik op kampe in ons streek.  As jy graad 11 en ouer is en graag betrokke wil raak kan jy ons gerus kontak.

 

Ons sal dan ‘n kort informele onderhoud met jou voer om uit te vind waar ons jou met jou spesiale gawes die beste kan gebruik.

 

Voor elke kamp doen ons ‘n kort opleiding met al ons nuwe vrywilligers, so jy hoef nie enige kamp ervaring te hê voordat jy ons kom uithelp nie. 

 

Ons hoop om jou binnekort op ‘n kamp te sien. ‘n Groot deel van ons bediening in die Ooskaap vind plaas deur middel van kampe.  En kampe is nie moontlik sonder julle, die vrywilligers nie. 

 

Mense kontak ons gereeld om te vra of hulle by ons kampe kan help. Ons voer dan gesprekke met hulle om hulle hart te hoor en vas te stel waar hulle wil inskakel. Vrywilligers versprei die woord, en so kom al hoe meer hulle aanmeld.

 

Ons gebruik ook studente vir ons hoërskoolkampe en kringleiers vir die laerskoolkampe.

Tydens kringleierseminare identifiseer ons leiers wat ons dan om by ons laerskoolkampe te help. Hulle kry intensiewe opleiding voor elke kamp. Na die kamp word hulle werk evalueer; dit help hulle in hul persoonlike groei en vaardigheidsontwikkeling. 

 

 As jy betrokke wil raak kontak ons gerus:

Tarina van der Spuy

079 885 4545

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Maintained by Play Productions
Friday the 20th. . Joomla 3.0 Template.