Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

Hart van die Oos-Kaap

Verhoudings

Ons wil verhoudings met skole in hulle unieke kontekste en omstandighede bou, volgens elkeen se behoeftes, deur dissipelskap en mentorskap. ’n Verhouding is die beginpunt van n geleentheid om die lewe van leerders en onderwysers te verander.

Ons wil mense met wie ons in aanraking kom, uitdaag om hulle manier van lewe, dink en doen te verander sodat hulle lewenstyl Christus in ons verteenwoordig.

Bou ’n omgee-bediening

Die kinders, kleingroepleiers, onderwysers, skoolhoofde en vrywilligers is vir ons baie belangrik. Ons doel is om ’n omgewing te skep wat hulle laat voel dat ons omgee, in hulle glo en vir hulle bid, sodat hulle kan ervaar hoe Christus in hulle lewens werk. 

Effektiwiteit

Ons wil effektiewe en verantwoordelike rentmeesters wees in ons bediening deur strukture, prosesse en mandate na die beste van ons vermoë te implementeer en te bestuur

Ons wil diens van ’n hoë stanrd lewer.

Toerus en bemagtig

Ons bediening verander gedurig omdat ons met mense werk. Verandering is goed as almal saamgaan, en daarom wil ons almal wat betrokke is van die nodige intellektuele, geestelike en emosionele hulpbronne voorsien sodat hulle verandering kan hanteer en implementeer wanneer dit oor hulle pad kom. Ons wil mense toerus en bemagtig vir ’n spesifieke taak en roeping.

 

Maintained by Play Productions
Tuesday the 18th. . Joomla 3.0 Template.