Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

 

Ons Hart:

·         Ons hart vir skolebediening is om ’n pad met skoolhoofde en onderwysers te stap en hulle te ondersteun waar ons kan.

·         Ons hart is om die kringleiers gereeld te motiveer en te bedien sodat hulle reg is vir hulle taak in hulle skole.

·         Ons wil soveel as moontlik inbou in ons kinders se lewens deur die Woord van God met hulle te deel en hulle motiveer om ’n verskil in hulle skole en gemeenskappe te maak.

·         En ons hart is om 24 uur per dag beskikbaar te wees vir ons skole indien hulle ons nodig het.

 Skolebediening:

Skolebediening is vir ons baie belangrik. Lulu van der Berg en Vida Pretorius probeer gereeld by die skole uitkom. Hulle fokus is veral skoolhoofde, VCSV-onderwysers, kringleiers en leerders wat aan die VCSV behoort.

Takke:

In die Vrystaat het ons 82 VCSV-takke wat bestaan uit:

37 takke by hoërskole

28 takke by laerskole

14 takke by gekombineerde skole

3  takke by intermediêre skole

 

Elke tak het ’n VCSV-onderwyser wat verantwoordelik is vir die tak en kringleiers wat sekere veranwoordelikhede het. Elke tak volg sy eie jaarprogram. Die provinsiale organiseerder besoek die takke gereeld.

 

Leierskap

Leierskap is vir ons baie belangrik. Lulu en Vida doen gereelde besoeke aan kringleiers en help hulle sodat hulle as leiers en ook in hulle verhouding met God kan groei. Indien u wil hê Lulu of Vida moet met u leiers werk, skakel hulle gerus.

Ons bied ook leierskapkampe aan vir leerderrade en kringleiers. Skakel ons gerus vir navrae en besprekings.

 Uitreike

Skole kan met ons skakel en dan kan ons uitreike na die gemeenskap reël. Jy kan ook inskakel by die VCSV se uitreike in die Junie-vakansie wat landwyd gereël word. 

 

Om betrokke te raak of vir meer inligting kontak Lulu van der Berg:

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

082 959 4547 

 

 

 

 

Maintained by Play Productions
Tuesday the 18th. . Joomla 3.0 Template.