Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

Maak die VCSV ’n onvergeetlike ervaring met Werner en Tania Schultz se uitsonderlike Bybelstudiehandleidings vir laerskole. Dit word deur KidsXpress in samewerking met die VCSV uitgegee.

 

Elke VCSV-laerskooltak kan nou hulle kringe deur ’n vyf-jaarsiklus neem met die onderstaande handleidings.

Elke handleiding bevat 24 uitgewerkte programme van 30 minute elk met 

  • speletjies
  • saamgesels-Bybelstudies
  • visuele hulpmiddels
  • ’n reproduseerbare boekie vol aktiwiteite
  • ’n lys van bronne.

Klik hier vir jou bestelvorm

 

1. Survivor Israel

 

 

 

 

Rugstekery, verbreekte alliansies, leuens en Immunity Idols! Wat kan ons vir kinders uit God se Woord leer met Survivor as tema? Die twaalf stamme van die Verenigde Ryk, die skeuring van die Ryk tussen Juda en Israel as gevolg van afgodediens en die daaropvolgende ballingskap na Babel(Exile Island) is genoeg om hedengaagse Survivor- deelnemers ’n ding of twee te wys! Hierdie val-en-opstaan verhale van die volk van God is by uitstek ’n geval van Survivor: Heroes vs Villians. Terwyl kinders aan lekker Survivor-uitdagings deelneem ontdek hulle die verhaal van die Ou Testament, vanaf 1 Konings tot Maleagi, en word uitgedaag  om Soul Survivors in God se koninkryk te wees. Welkom by Survivor Israel: Oortree, Oordeel, Oorleef!

 

2. In die kollig

'n Oorsig vanaf Genesis tot Samuel

 

 Waaraan dink jy as jy die name Pixar, Walt Disney, Dreamworks en 21 Century Fox hoor? Filmstudio’s, natuurlik! Ons gaan in hierdie reeks maak of ons by ’n filmstudio werk. Ons gaan die verhaal van ons fliek kry uit ’n boek wat baie lank terug geskryf is en al deur miljoene mense regoor die wêreld gelees is. Die naam van die boek? Die Bybel, natuurlik! Ons gaan die kollig op die Bybel laat val. Ons fliek gaan handel oor ’n ware verhaal waarin God, die Hemelkoning, die hoofkarakter is. In die Kollig is ’n reeks wat 9- tot 13-jariges ’n kykie agter die skerms en voor die kameras gee om die geheelprentjie van die Ou Testament, vanaf Genesis tot 2 Samuel, te ontdek. Dit bestaan uit:  24 uitgewerkte programme van 45 minute elk met Bybelverhale, speletjies en aktiwiteite.’n CD ingesluit met visuele, hulp-middels en temalied.’n Fliekgids-werkboekie propvol aksie.

 

3. God se Boek van wêreldrekords:

Wonderwerke en ander WOW-gebeure uit die Woord

  

Hierdie reeks is propvol verstommende feite en verhale oor rekords in die natuur, die mens en die wêreld rondom ons, wat die kinders in jou groep se oë sal laat rek! ’n Opwindende en kreatiewe benadering om die WOW-wonders uit die Woord by die kinders tuis te bring en hulle te laat ontdek: God is die wêreld se voorste rekordhouer!

 

4. Amazing race @ kruis wat die eerste keer in 2006 uitgegee is. Saam daarmee kom ’n logboekie vol aktiwiteite wat jy vir elke kind kan dupliseer.

 

Ons geestelike lewe is soos ’n groot avontuur, ’n amazing race, en hierdie boek verbind ons lewensreis aan die realiteitsprogram Amazing Race. Tussen die realiteitsprogram en die Christen se wedloop is daar egter ’n groot verskil. Die Christen se amazing race word gespel met ’n ekstra G. God se teenwoordigheid in jou lewe maak van jou wedloop AMAZING GRACE.

 

 

5. My Blink ID!

Saamdoen IDees oor wie ek in Jesus is, met ’n selfmaak ID-boekie vir elke kind.

Help kinders om hulle ou dowwe ID’s in te ruil vir ’n nuwe een! Ontdek watter voorregte die nuwe ID in Jesus bring en gesels oor die lawwe IDees wat ons soms oor onsself en ons vriende het. Blink IDees om kinders te help om hul ID in Jesus te ontdek en uit te leef.

 

In 2013 het ons weer ons eie Bybelstudie-materiaal begin skryf

 

6. Chritus in Aksie

 

7. 'n Leefstyl in Christus

 

Maintained by Play Productions
Friday the 20th. . Joomla 3.0 Template.