Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

Klik hier vir jou bestelvorm.

 

1.  Egtheid in Christus

Christen-wees in die regte lewe

 

Dis maklik om ’n Christen te wees tussen ander wat soos jy dink. Dis maklik om jou Christenskap die aand voor die eksamen uit te leef.Maar wanneer jy in die regte lewe is, die lewe van huis en skool en sport en partytjies, is dit nie altyd so eenvoudig om te weet wat om te doen en hoe om te maak nie.

Hierdie Bybelstudiegids gaan VCSV-lede juis daaroor laat nadink en gesels. Hierdie Bybelstudiegids is propvol uitdagende en interessante gespreksvrae, met ewe veel uitdagende en interessante antwoorde uit die Woord.

 

2.  Spel vir die Lewe

 

Die sokkerwêreldbeker het ’n geleentheid geskep om kinders deur middel van sport aan Bybelse waarhede bekend te stel – Paulus het immers al sport gebruik om geestelike waarhede aan sy gemeentes te verduidelik. En sport is steeds ’n belangrike platform vir mense en nasies se interaksie, iets wat mense uit verskillende kontekste kan saambind.

Hierdie Bybelstudiegids sluit dus aan by 2010 se sokker-opwinding in Suid-Afrika met die tema “Spel vir die lewe.” Die temas vir die vier kwartale is:

 

1. Atletiek (om aan te sluit by die atletiek-seisoen by baie skole)

2. Sokker (wat almal in elk geval gaan eet, slaap en asemhaal)

3. Rugby (wat vir baie die enigste ware sport is)

4. Hokkie (vir ’n bietjie afwisseling)

 

Ons wil jongmense aanmoedig om nie net te speel vir ’n verganklike beker nie, maar om deel te neem aan die spel van die ware lewe, die lewe in oorvloed. Hierdie gids wil hulle help om in ’n wêreld wat al hoe meer wegbeweeg van God se hart keuses te maak wat tot daardie lewe sal lei.

 

3. Back 2 Basics

Mik met jou lewe Terug na God se doel!

 

Met hierdie gids wil ons uitvind en lees en nadink en gesels oor die basiese dinge van ons geloof. Grondbeginsels. Die dinge wat van ’n Christen ’n Christen maak. Waarsonder hy en sy nie meer ’n volgeling van Jesus genoem kan word nie.

Back 2 Basics fokus op:

1. Bybelstudie

2. Gebed

3. Getuienis

4. Aanbidding

  

4.  Nog steeds Nuts vir Jesus

Die oproep tot NUTS wees mag nie stil raak nie. Dit moet intenser as ooit raak. Niks anders gaan hierdie mooi land verander as die Evangelie van Jesus Christus nie. God wil hê ons land moet verander, maar dit kan net gebeur as sy kinders NUTS genoeg is om sy Woord (wil) te lewe, om stroom-op in hierdie wêreld te lewe.

Die tema van vanjaar se Bybelstudiegids is: NUTS is daar vir almal!

NUTS...

  1. IS: ons nuwe identiteit in Christus
  2. DAAR: in die wêreld, maar nie soos die wêreld nie
  3. VIR: Jesus se gesindheid teenoor almal om ons
  4. ALMAL: deel van die Liggaam van Christus, elkeen met ’n Goddelike rol en funksie.

 

5.  Leef die lewe

 

Hierdie boek is die derde een wat onder die redaksie en kreatiewe pen van Charlie Holtzkamp opgestel is en bied ongeveer 25 gespreksgeleenthede waar die groeplede gelei word om oor hul verlossing, dissipelskap, en hul lewe en getuienis as Christene na te dink en te gesels. Hulle word aangemoedig om aktiewe lidmate van hul plaaslike kerk te wees en ook om uit te reik na minderbevoorregtes.

’n Gratis CD met nuttige hulpmiddels word saam met die boek uitgegee.

 

6.   Gryp die Lewe 1 (met gratis CD)

 

Gryp die Lewe

is ’n proses, nie ’n program nie

is ’n lewenswyse, nie bloot ’n studie nie

is die Bybel se antwoord op die seksuele revolusie en die verhoudingskrisis waarin die mensdom hom oor die wêreld heen, en ook in Suid-Afrika, bevind.

Gebruik Gryp die Lewe as julle gids en volg elke kwartaal die roetes deur die Bybel:

Jy en Jesus: Verlossing (eerste kwartaal)

Meer soos Jesus: Dissipelskap (tweede kwartaal)

Leef die lewe: Lief vir die lewe te midde van vrae en probleme (derde kwartaal)

Viva La Difference: Wees die verskil! (vierde kwartaal). 

 

7.   Gryp die Lewe 2 (met gratis CD)

  

8.   Christus in Aksie 

 

9. 'n Lewe in Christus

Maintained by Play Productions
Wednesday the 18th. . Joomla 3.0 Template.