Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

’n Extreme Life-program, aangebied deur die VCSV. 

 

 

Positiewe Seksualiteit

Op soek na ’n program wat 11 tot 13-jariges vir die eise en uitdagings van adolessensie sal toerus? Dan is Extreme Life se Positiewe Seksualiteitsprogram presies wat julle nodig het.

Positiewe Seksualiteit is ’n holistiese en positiewe benadering waardeur leerders toegerus word om die sosiale, fisieke, intellektuele, emosionele en geestelike veranderings wat met adolessensie gepaard gaan, beter te verstaan sodat hulle dit met vertroue kan hanteer en gesonde keuses kan maak.

 

Die program:

  • sluit aan by die lewensoriëntering-uitkomste vir graad 6, 7 en 8
  • is gebaseer op waardes wat in harmonie is met geloofswaardes
  • onderstreep die wonder van menslike ontwikkeling en groei
  • help leerders om respek te ontwikkel vir menslike seksualiteit
  • word ondersteun deur ’n multimedia-aanbieding wat die korrekte inligting rondom sensitiewe onderwerpe soos geslagsontwikkeling en seksualiteit met respek en openhartigheid oordra
  • daag leerders uit om verantwoordelike keuses rondom hulle seksuele gedrag te maak
  • spreek kwessies aan soos seksueel oordraagbare siektes, MIV/vigs, ongewenste swangerskap en ander risikogedrag
  • help leerders om onderskeidingsvermoë te ontwikkel te midde van teenstrydige boodskappe in die media en samelewing oor seksuele waardes
  • is reeds by verskeie skole aangebied waar dit uitstekend ontvang is.

 

Vir ’n suksesvolle program is die ideaal:

  • Ouers en voogde word vooraf ingelig oor die aard en inhoud van die program.
  • Ouers en voogde gee hul toestemming.
  • Minstens een, maar verkieslik twee skooldae met die volle graad-groep.
  • ’n Lokaal weg van die skool af waar multimedia doeltreffend sal kan werk.
  • ’n Omgewing wat die leerders baie spesiaal laat voel.
  • ’n Viering van hulle adolessensie. 

Koste: Tussen R10 en R25 per leerder afhangende van die beskikbaarheid van toerusting, fasiliteite, borgskappe en verversings.

Bespreek dadelik: Skakel jou Provinsiale Organiseerder om die program te bespreek en een of meer dae vir julle leerders vas te maak.

 

“Vir solank as wat julle insette in ons leerders van so ’n hoë en waardevolle standaard is, sal julle altyd meer as welkom in ons skool wees. Baie dankie vir julle bydrae!” - Mnr V Pretorius, Laerskool Greenville

Maintained by Play Productions
Monday the 20th. . Joomla 3.0 Template.