Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

Die VCSV familie in die Vrystaat nooi jou uit na ’n opwindende tyd van geestelike en persoonlike groei, avontuur, kampe, uitreike, pret, reis en uitdagings. Terselfdertyd dien jy die Here Jesus, bou jy verhoudings met ander jongmense wat, soos jy, die Here liefhet en graag kamp en uitreik na ander mense wat stukkend en seer is.

 

Word ’n vrywilliger wat oor naweke, in die week of in die vakansie kom help. Ons sal jou oplei vir jou taak!

Kom voltyds vir ’n jaar of meer. Jy word baie goed opgelei! Dit sal jou lewe verander en jy sal nooit weer dieselfde wees nie!

 

VCSV bied geleenthede waar jong volwassenes hul passie vir die Here en vir Sy koninkryk en hul roeping kan uitleef deur jongmense te help op hul geloofspad. Hulle word terselfdertyd as jeugleiers opgelei.

 

Ons glo dat die energie wat so loskom, kerke en skole kan baat. God het ’n plan vir elkeen en Hy wil graag sien dat ons ons potensiaal bereik en die hele liggaam dien.

 

Miskien het die Here jou aangeraak by ‘n VCSV Kamp, en wil jy graag iets van jou ervaring teruggee aan ander jongmense. Dalk het jy ‘n hart vir mense in nood, maar wil graag uitreik na jongmense in nood. Miskien is jy lief vir avontuur en wil jy dit graag gebruik om jongmense vir die Here te wen.  Komaan, maak plan!

 

Dan is ons vrywilligersprogram net die ding vir jou. Jy sal kans kry om by die kampe uit te reik na jongmense en kinders, jy sal praktiese vaardighede opdoen en geestelik verryk word, en jou leierskapspotensiaal sal ontwikkel word. Ons volg ’n verhoudingsgerigte benadering, en daarom groei die span terwyl hulle na jongmense en kinders uitreik. Al ons opleiding is waarde-gebaseerd en vind plaas in ’n multikuturele konteks – ons geniet die diversiteit wat Suid-Afrika bied.

 

Wat word van jou verwag?

 

·         Om as vrywilliger te kom aanmeld vir diens.

·         Om opleidingsgeleenthede en een of meer kampe by te woon.

·         Om volgens die riglyne van die VCSV op te tree.

·         Om te dien, en om gehoorsaam te wees.

 

Wat ons doen:

 

Ons hou naweek- en weekkampe met laer- en hoërskoolleerders. As ons nie kamp nie, ontwikkel ons die fasiliteite by die terrein, besoek skole en doen opleiding in verskillende aspekte van buitelug- en Chirstenkampe.

Ons besoek skole, soms vir een dag, soms langer.

Ons wil jou leer om God bo alles lief te hê.

Ons dien onsself stukkend!

Ons help jou om jouself te vind.

Ons leer van ander kulture en veral Afrika!

Ons bied aktiwiteite aan soos: Rotsklim, abseil, lae-toubane, zipline, Verfbal, Water-aktiwiteite

 

Wat se soort kampe bied ons aan:

 

·         Kringleierskampe

·         Graad 7 Skoolverwisselingskampe

·         Laerskool Avontuurkampe

·         HS avontuurkampe

·         Waardes maak Saak – kampe

·         Studente/jong werkendes – kampe

·         VCSV Takkampe

·         Mannekampe

·         Meisieskampe

 

Wat se uitreike bied ons aan:

 

·         Plaaslik by hospitale, kinderhuise ens

·         Buiteland - Lesotho

 

Hoe om betrokke te raak:

 

As jy die Here liefhet, as jy kinders liefhet en hou van kamp en om te dien, kontak ons asseblief! Dit is ’n groot besluit, en daarom moet jy bid dat die Here jou sal lei in wat jy moet doen.

 

As jy betrokke wil raak kontak ons gerus:

Lulu van der Berg

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

082 959 4547

Maintained by Play Productions
Monday the 16th. . Joomla 3.0 Template.