Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

 

Nasionale Kamp

Die Nasionale Kamp is ’n rooilettergebeurtenis. VCSV-lede, onderwysers en oudlede stroom elke jaar in die April vakansie daarheen vir ’n saamtrek soos min.

 

Nasionale Kamp 2017 was 'n wonderlike ervaring en ons het hart roerende terugvoering gekry van jongmense uit verskillende areas. Ons sien alreeds uit na ons volgende kamp!

 

Navrae oor Nasionale Kamp 2018

Kontak Jolee by 021-8870212 of by  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Visie

Om ongeveer 800 VCSV-lede jaarliks byeen te bring, die visie en missie van die VCSV met hulle te deel en hulle toe te rus met die vaardighede om dit op plaaslike vlak uit te leef.

 

Wat doen ons?

By elke nasionale kamp wil ons:

©        elkeen ’n geleentheid gee om geloofskeuses te maak

©        elkeen op opwindende maniere bloot te stel aan Bybelstudie en gebed sodat hulle verhouding met God kan groei.

©        elkeen blootstel aan die nood van die wêreld en te motiveer om iets daaraan te doen.

©        elkeen kans gee om mekaar te leer ken, vriendskappe te sluit en deel te word van die helingsproses in ons land.

©        by elkeen ’n waardering kweek vir ander kultuurgroepe.

©        geloofseenheid sigbaar demonstreer.

©        elkeen toe te rus met vaardighede wat hulle op ander gebiede van hulle lewens kan gebruik.

Die belangrikste aktiwiteite is:

©        Bybelstudie

©        Lof en aanbidding

©        Avontuuraktiwiteite

©        Werkswinkels oor interessante onderwerpe soos kuns, leierskap, musiek en dans,gebed en berading.

 

V&A

©        Wie is die teikenmark vir die nasionale kamp?

Hoërskool en laerskoolleerders, Onderwysers en oudlede.

©        Hoekom word dit die nasionale kamp genoem?

Die eerste kamp is in 1979 deur die destyds VCSV gereël met die doel om leerders van regoor die land bymekaar te bring. Provinsiale kampe vind ook in die April-vakansie plaas.

©        Wat van leerders wat nie die kamp kan bekostig nie?

Borgvorms is beskikbaar en kan op aanvraag aan die VCSV-onderwysers of leiers van VCSV-groepe gestuur word. Daar moet baie goeie kontrole wees oor die uitdeel en invorder van die vorms.

©        Hoe raak ek betrokke as ’n vrywilliger?

Elke vrywilliger moet ’n vorm invul en dan word ’n keuringsproses aan die gang gesit.

 

Jy is welkom om Jolee te kontak vir meer inligting:

©        021 887 0212 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

 

 

Maintained by Play Productions
Wednesday the 25th. . Joomla 3.0 Template.