Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

Gesinskampe

Pa, hoe lank hunker jy nie al na ’n geleentheid waar jy en jou gesin mekaar weer regtig kan leer ken nie? Wat van ’n plek ver weg van die malle gejaag; waar jy kan sien hoe jou kinders (nie-geneties-gemodifiseerde) geestelike kos kry (én verteer); waar jy en jou vrou ver strandlangs kan gaan stap met die wete dat die kinders veilig is?

Wanneer laas het Ma kans gehad om vakansie te hou sonder om oor die kos of die kinders (of oor die invloed op die begroting!) te stres? Wat van ’n plek waar sy, wat altyd moet gee, weer geestelik gevoed kan word, kosbare vriendskappe kan sluit ... en selfs kans kry om op die naat van haar rug ’n boek ongestoord KLAAR te lees?

Waar kry kinders, tieners en studente vandag nog ’n kans om omring te word met ander van hul ouderdom, waar hulle in ’n veilige omgewing kan saam speel, saam praat, saam groei en ... saam aanjaag?

Vergeet van die werk, pak die kar, en kom kuier saam by die VCSV se Gesinskampe by Winklespruit!

Doel van die kamp:

Om Christen-gesinne, Christen jongmense,  persone wat die VCSV ondersteun en onderwysers betrokke by die VCSV `n bekostigbare vakansie in `n veilige omgewing aan te bied waar hulle Geestelik kan groei.

 

Vir meer inligting kontak:

Christo & Analie du Preez

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

083 663 2456 of 082 877 9365

 

Maintained by Play Productions
Tuesday the 19th. . Joomla 3.0 Template.