Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

 

Uitreike

"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees"  - Matt 28:19

 Sonder Christus nie 'n enkele tree nie. Saam met Hom tot aan die uithoeke van die aarde. Ons roeping dryf ons verby die grense van die veilige en bekende en soms na nuwe en uitdagende plekke waar die nood op geestelike en fisiese terreine geweldig groot is. Ons het die wonderlike voorreg om die lig in 'n donker wêreld te wees en ons sien dit ons taak om die boodskap van hoop na mense oral in die wêreld te bring. So word nie net hulle nie maar ook ons telkens verdiep en verryk.

 

Korttermynuitreike / Gemeenskapsuitreike 

Baie mense dink dat ’n uitreik na ’n ander land of ander dorp moet plaasvind, maar dit is net so belangrik om uit te reik na mense in jou eie omgewing. Die VCSV moedig skole aan om gereeld uitreike binne hulle gemeenskappe te doen. Hierdie tipe van uitreike sluit besoeke aan ouetehuise, kinderhuise en hospitale; sopkombuise; en hulp met die verf of bou van skole, kerke en/of huise in armer dele van die gemeenskap in, en die moontlikhede is natuurlik eindeloos.

Die VCSV-personeel reël gereeld uitreike. Indien jy graag by so iets betrokke wil raak, of hulp en raad soek om self ’n uitreik te reël, kan jy die Provinsiale Organiseerder in jou provinsie kontak.

 

Langtermynuitreike

Juniemaand

Ons gaan jaarliks tydens die Junievakansie op uitreike.

Die uitreike duur van een tot drie weke en vind in gemeenskappe met nood in Suid-Afrika, ander Afrikalande en ook ander wêrelddele plaas.

Indien jy graag by so iets betrokke wil raak, kan jy die Provinsiale Organiseerder in jou provinsie kontak.

 

Desembermaand

Ons stuur jaarliks in Desember ongeveer 25 spanne na verskillende oorde regoor Suid- Afrika en Namibië met die doel om mense van alle ouderdomme op ’n relevante, eietydse wyse met die evangelie van Jesus Christus te bedien. Ons fokus op vriendskapsevangelisasie en werk hard om ons programme lekker en interessant vir almal te maak. Ons doen dit deur poppekas, strandspele, koffiekroeg, sportkompetisies, gaskunstenaars en vele meer aan te bied. Ons werk in verskillende gemeenskappe by elke oord, en probeer mense in hul leefwêreld ontmoet. Vakansiedienste is ’n wonderlike manier vir jongmense om hulle Christenskap in die Desembervakansie uit te leef!

Vir meer inligting

Maintained by Play Productions
Tuesday the 19th. . Joomla 3.0 Template.