Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

Projek: Tente vir Vakansiedienste

Vakansiedienste doen ’n groot werk vir God deur elke Desember-vakansie onder kinders by verskillende vakansieoorde te werk.

Jong mense bedien jong mense, en dit is elke jaar een van ons opwindendste uitreike.

Hierdie spanne, wat meestal in karavaanparke bly, het tente nodig: bedieningstente van 10X5 m en kombuis- en verblyftente van 5X5 m.

Die weermagtente wat hulle die afgelope dertig jaar al gebruik, is letterlik besig om uitmekaar te val.

Kontak ons as jy graag wil bydra tot die projek – jy kan dit maandeliks, kwartaalliks of jaarliks doen. Dit is ’n wonderlike geleentheid om betrokke te raak in hierdie opwindende bediening in ons land, en deel wees van die bereiking van ons jong mense met die Evangelie van Christus.

 

 

Vir meer inligting:

Monita Bennett

021 887 0212

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Maak 'n donasie:

VCSV 2

ABSA

632005

410140128

Verw: Tente + jou van

Maintained by Play Productions
Wednesday the 18th. . Joomla 3.0 Template.