Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

Is dit jou hartsbegeerte om ’n Christelike groep in jou skool te vestig? Voel jy geroep om ’n VCSV-onnie te word?

 

Rol / Verantwoordelikhede van so onderwyser

Reël met die skoolhoof en sit ’n beskikbare tyd uit om weekliks of tweeweekliks bymekaar te kom (voorgestelde tyd 1uur)

Besluit of julle byeenkomste in kringe of grootgroepe of beide gaan plaasvind

Wys kringleiers aan.

Lei kringleiers op (VCSV sal help).

Ondersteun en begelei die kringleiers.

Voorsien die geestelike materiaal (VCSV het hulpbronne beskikbaar).

Reël ’n takkamp (VCSV sal help)

Ontvang uitnodigings na jaarlikse streeksbyeenkomste/vergaderings

 

Skakel met die voltydse VCSV-personeellid in jou provinsie om meer uit te vind oor verdere prosedures.

Maintained by Play Productions
Monday the 20th. . Joomla 3.0 Template.