Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

Graad 4-7 @ Die Hoekie

 

Waar: By Die Hoekie Buitelug- en Avontuursentrum 

Wanneer: 

24 Jan VCSV Opedag @ Die Hoekie

 

VCSV Laerskoolkampe (GR 4-7)

·   27 -29Feb (AFR)

·   6-8 Mar (AFR)

·   13 -15 Mr (ENG)

·   31 Jul-2 Aug (ENG)

·   14-16 Aug (AFR)

·   28-30 Aug (AFR)

·   21-22 Aug Gr 2 en 3 (AFR + ENG)

·   23-25 Oct Groepleier Opleiding (AFR + ENG)

 

Hoërskool Datums:

·   28 Mar -2 Apr Winklespruit ENG

·   10 – 12 April #Imagine

·   3-9 Okt Winklespruit AFR

 

·   16-18 Oct Group Leaders Training (AFR + ENG)

 

Waarom: Ons hier by die VCSV wil graag lewensveranderende ervarings vir kinders skep. Ons wil graag sien dat alle graad vier tot sewes besef die Here het hulle meer lief as wat hulle hul kan voorstel, en dat Hy ’n plan vir hul lewe het. As ’n kind hier was, is hy of sy nooit weer dieselfde nie! Dit is die rede waarom ons so hard werk!

Hoe dit werk: Almal wat kom kamp, word deel van ’n kleingroep met ’n leier. Hulle doen alles saam en dit is waar die beste dinge van die naweek gebeur. Die groepleier slaap in dieselfde kamer as die groep, speel saam met hulle en is die hele tyd by hulle. Daar is besprekings en lofgeleenthede in die saal en allerhande heerlike aktiwiteite tussen-in. Bring jou kamera, want jy sal dit wil onthou!

Waarom JULLE moet kom: Omdat ons graag wil hê dat julle kom! Jy gaan baie nuwe vriende ontmoet en ervaar hoe ’n Christen-familie eintlik werk.

Hoe om deel te neem: Gaan vra jou VCSV-onderwyser by die skool, betaal die kampgeld en maak seker dat die vervoer gereël is.

Vir onderwysers: Moenie bang wees dat jy tot twee-uur in die nag sal moet sukkel om die kinders in die bed te kry, die kinders bedags sal moet besig hou of ’n modderbad sal beleef nie. Ons weet hoe hard julle werk! Daarom sal ons al die rondhardloop doen en die kinders besig hou terwyl julle ’n oase van rus en vrede geniet. Jy sal geestlike voedsel kry, en saam met ander onderwysers kan kuier en gesels. Ons wil graag hê dat jy uitgerus en vol moed hier weggaan. En ons glo jy is belangrik genoeg om ’n bietjie bederf te word! Kom ontspan dus gerus hier by Die Hoekie terwyl ons met jou kinders kamp.

Kontak Ons: 

E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Maintained by Play Productions
Wednesday the 18th. . Joomla 3.0 Template.