Description slide 1 Description slide 2 Description slide 3 Description slide 4

 

Avontuurkampe @ Die Hoekie

Die Hoekie hou naweek- en avontuurkampe vir laer- en hoërskoolleerders en ook studentegroepe.

Aktiwiteite by Die Hoekie sluit in:

·         Abseil

·         Reuseswaai oor rivier

·         Sportklim op ons klimmuur

·         Verfbal

·         Bergklim en stap in die Magaliesberge

·         Wildernis-uitstappies gedurende naweke

·         Oorlewingsuitdagings en avontuurwedlope

·         Lae toubane, groepsbou en groepsinisiatief

·         Wateraktiwiteite in ons swembad

·         Wye verskeidenheid spesiaal aangepaste programme

·         Boogskut

 

Kontak ons om beskikbare datums te verneem en te bespreek.

 

Die Oop See-program

Ons nuwe program vind plaas op die oop see, oftwel die hoë toubaan.

Die “skip” vaar van punt A na punt B, en word beman deur ’n groep matrose met ’n lys take en pligte. Die “admiraal” fasiliteer die leergeleenthede. Die skip skep ’n geslote omgewing,en die matrose beleef baie probleme en hindernisse, maar ook baie vreugde en oorwinnings. Die matrose bly op die skip en mag net met spesiale vergunning aan land gaan, gewoonlik om ’n taak te gaan uitvoer, wat enigiets kan wees van die soek na ’n skatkis tot die afweer van ’n aanval deur die Amahuruwaka-stam.

Programme word so gestruktureer dat alle ouderdomme, profiele en behoeftes akkommodeer kan word.

Maak seker jy bespreek een van hierdie unieke ervarings.

 

Wildernisprogram: Die eindes van die aarde

Lus vir ’n nuwe avontuur? Kom saam met ons op ons Einde van die aarde- wildernisuitstappie in die Magaliesberge.

Twee opgeleide instrukteurs neem klein groepies van vyf tot agt vir een of twee nagte na die berge. Groepe is gewoonlik van dieselfde ouderdom en geslag.

Al die uitstappies is Christus-gesentreed, en fokus op die deelnemers se geestelike groei. Dit vind plaas deur middel van uitdagings, spanwerk, probleemoplossing, diens, stiltetye, Bybelstudie en die ervaring van God se skepping.

Ons nooi jou uit na hierdie splinternuwe avontuur. Kom saam met ons die onbekende in – tot aan die einde van die aarde.

 

Die horison roep: Leierskap-identifikasie en -opleiding

Kontak ons om jou leiers vir jou op te lei.

 

Vir meer inligting kontak:

Elsanette Grobler

Sel: 079 515 2744

E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

 

 

 

 

Maintained by Play Productions
Monday the 16th. . Joomla 3.0 Template.